Nag op 'n kaal plein

Tydskrif vir Letterkunde, Autumn, 2009 by Thys Human

Nag op 'n kaal plein.

Dolf van Niekerk. 2006. Kaapstad: Human

& Rousseau. 32 pp. ISBN: 978-0-7981-4713-2.

Vir die meeste lesers is Dolf van Niekerk waarskynlik as prosaskrywer bekend: studente van die Afrikaanse letterkunde verbind hom heel moontlik met die novelle Die son struikel (1961), terwyl skoolkinders dalk eerder vertroud is met Skrik kom huis toe (1968) en Die haasvanger (1985). Van Niekerk is egter ook die skrywer van drie digbundels: Karoosange (1975), Dubbelster (1996) en Nag op 'n kaal plein (2006). Laasgenoemde bundel is 'n poetiese verwerking van die skrywer se jeugjare op Edenburg in die Vrystaat en het ontstaan toe die skrywer na baie jare weer sy tuisdorp besoek het. Oor sy inspirasie vir die bundel se Van Niekerk self: "[D]aardie nag toe ek op die kaal plein onder die maan staan, begin dit rondom my lewe, is dit asof almal wat lankal dood en weg is, na my toe terugkom". Nag op 'n kaal plein is inderdaad 'n woordgalery van gestorwenes en sterwendes: bekommerde boere, bedroefde geliefdes; 'n kleremaker, winkelier, skoolmeester, orrelis, kunstenaar, predikant en skrywer. Anders as die outobiografiese vertellings in Die aarde waarop ek loop (2003), het die meeste van die "portrette" hulle egter in digvorm aan Van Niekerk opgedwing.

Nag op 'n kaal plein bestaan uit 26 genommerde verse wat tot so 'n mate tematies by mekaar aansluit en met mekaar oorvleuel, dat hulle ook aaneenlopend gelees kan word as 'n enkele gedig met 26 ongeveer ewe lang afdelings. Die "(k)aal plein onder die maan" van die eerste gedig word byvoorbeeld in gedig 2'n plein wat "wemel van kinders". In gedig 4 soek die vrou in die lang wit rok--"is dit haar trourok of haar doodsgewaad?"--juis "tussen die malende kinders rond". Die verdriet van die 'blommevrou' wat nie weet waar "haar byna-man se beendere le" nie en tot aan "die einde [...] Marlene Dietrich se blommelied" hoor (gedig 5), vind 'n weerklank in dodemars wat die orrelis vir haar gestorwe beminde in gedig 6 speel. Gedig 11 eindig met "[...] Maar sy plek / is leeg en sy vrou is leeg en uiteindelik / is almal se skoene uitgetrek". By wyse van 'n semanties vernuftige variasie begin gedig 12 met: "Voor 'n voet 'n nuwe spoor kan laat...". In gedig 13 sowel as in gedig 14 word 'n hunkering na die ontwykende (ge)liefde eers uit 'n vroulike en dan uit 'n manlike perspektief verwoord. Die predikant ["die groot voel uit die pastorie"] wat in gedig 23 met 'n uil in verband gebring word, se gebed word in gedig 24 verbatim weergegee. In gedig 25 word die versugting uitgespreek dat woorde "liggaam kry" en die digter "[...] van alle dwang / en wil tot skryf bevry", terwyl "hierdie woorde" in gedig 26 (die slotgedig) juis die "vlerke" (dus die liggaam) van die spreker se gedagtes en gees word.

Die bundel is gestruktureer rondom 'n aantal binere opposisies wat in 'n toestand van spanning eerder as konfrontasie met mekaar verkeer, byvoorbeeld donker--lig; dag--nag; oud--jonk; lewe--dood; teen-woordigheid--afwesigheid. Vanwee hierdie bifokale visie is die meeste verse gestroop van die hinderlike patos en sentimentaliteit wat poetiese memoirs soos die dikwels kortwiek. Meeste verse is vloeiend en word oorheers deur 'n elegiese inslag. Verlies, onopgeloste verdriet, verganklikheid, liggaamlike agteruitgang, ontnugtering en eensaamheid staan voorop. Cloete (2006: 17) noem dit tereg "verganklikheidsverse" aan die hand waarvan daar teruggekyk word "in die gestolde wereld van 'n jeug" (5) met die doel om juis aan die hand van die jeugervarings weer vooruit te kyk na die naderende dood. So buig die kinderlyfies wat op die plein bondeltjie maak "soos skape in 'n reen" grafwaarts [...] / na die rus van onskuld en vergetelheid" (gedig 2) (my kursivering); die draers van die kleremaker se klere (gedig 3) is nie meer net "ouderlinge en diakens, / fyn vroue en boere, soldate en menere" nie, maar almal wat "wag om geklee te word vir die nag wat kom" (7); die soekende vrou in gedig 4 se trourok word 'n "doodsgewaad" (8); die skoenmaker wat in gedig 11 sy ysterlees, hamers, vingerhoed en houtvoete soek, besef opeens met 'n skok: "[...] sy plek / is leeg en sy vrou is leeg en uiteindelik / is almal se skoene uitgeskop" (15); terwyl die minnaars in gedig 16 se hande en arms uiteindelik stil raak, "weerloos teen die weerloosheid" (20) Die bundel is dus beide 'n bestekopname van 'n lewe en 'n voorbereiding op die einde; 'n afskeid waarin die grens tussen lewe en dood toenemend wasig raak:

26

[...] ek het nie vergeet; ek twis nog met die skielikheid, die stompheid van jou gaan--die afwesigheid wat groet en woorde half verbied [...] (30)

Die skielike en onbevredigende afskeid wat die spreker van sy geliefde moet neem, word geeggo deur talle skimmige gestaltes wat ook worstel om afskeid te neem of om hulle by die dood van dierbares te berus: 'n ongehude moeder wat vrugteloos tussen die kinders na haar seuntjie soek; die blommevrou wat "verniet soos elke dag / met blomme in haar hand" op haar byna-man se tuiskoms wag; die orrelis se dodemars vir haar beminde; die man wat by sy vrou se graf vra "wat hy moet maak / met hul dogter wat ryp en elke maand / al rusteloser in haar klere raak"; en die vrou wat op haar wittebrood haar man in 'n trein-ongeluk verloor:

 

BNET TalkbackShare your ideas and expertise on this topic

Please add your comment:

  1. You are currently: a Guest |
  2.  

Basic HTML tags that work in comments are: bold (<b></b>), italic (<i></i>), underline (<u></u>), and hyperlink (<a href></a)

advertisement
Click Here
advertisement
  • Click Here
  • Click Here
  • Click Here
advertisement

Content provided in partnership with Thompson Gale