Arts Publications
Topic: RSS FeedNag op 'n kaal plein
Tydskrif vir Letterkunde, Autumn, 2009 by Thys Human
21 [...] Dit was nog wittebrood, God--op watter van die duisend plekke kan ek die blom vir hom neerle, waar kan ek rou? Of moet ek al die sewejaartjies eenmaal hier kom strooi dat ek net elke sewe jaar sal sterf soos nou? (25)
Die bewustheid van die mens se nietigheid in die aangesig van die dood, blyk ook duidelik uit talle gedigte waarin daar besin word oor die ligaamlike broos- en uitgelewerdheid van die mens. In gedig 3 word die kleremaker byvoorbeeld 'n slagoffer van sy lewenstaak:
[...] Want kryt verpoeier mettertyd en saam met lapstof pak dit in die borskas saam; die longe droog langsaam uit, die lyf teer op homself en as die laaste lugsel verhard, die asem vlak in die lugpyp le, gee die brein 'n teken vir die hart. (7)
In gedig 10 spreek 'n terminaal verswakte boer die versugting uit om nog een jaar lank die skeiding van seisoene en die oorgange in die natuur te bestudeer, want
[...] as hy die oomblikke soos skape in 'n kraal kan jaag--elke antwoord soos sy skape ken--sal hy dalk verstaan hoe die groeisel in sy ingewande vreet, sy lyf so kwaad kon word dat hy hom teen homself kon keer en die lewe stelselmatig sel vir sel verteer. (14)
En in gedig 18 hardloop 'n ontstelde seun kaalvoet deur die klipperige stofstrate, weg van sy ouerhuis [...] waar sy babasuster stil en gloeiend in haar koorsbed le--tot sy voete die ritme van sy gedagtes vind: [...] "Jesus min my, praat tog met die dokter, God; Jesus min my salig lot." (22)
Die oorheersende gedagte is dikwels die van eensaamheid. Die insig van die boerseun wat in gedig 20 na sy pa se beeste soek--"[...] daar is nie raaisel / of begin of einde nie maar alles loop aaneen / en in die die lewe en die dood / is elkeen uiteindelik alleen" (24) (my kursivering)--dien as inspirasie vir van die mooiste gedigte (en hier verraai ek my persoonlike voorkeur) in die bundel, soos byvoorbeeld die gedig waarin 'n jong wewenaar die graf van sy vrou besoek vir raad met hul onrustige tienerdogter:
9
[...] Met sy hoed in die hand vra hy wat hy moet maak met hul dogter wat ryp en elke maand al rusteloser in haar klere raak; soek antwoorde in die vyelaan langs die watervoor en tussen sy skaap in die gannavlei waar hy en sy tien jaar lank gele en bid het om 'n kind te kry. (13)
Dan is daar ook die vers waarin 'n bejaarde vrou haar werf, haar "strokie sand", met besem en hark en vee voordat sy haar huis binnegaan:
12
[...] Sy sluit haar deur, kom tuis in die skemerstilte wat nooit deur kind of kraai verbreek is nie; omring van haar geskiedenis en die jare van haar tyd wat sy met hekelnaald en gare in stringetjies en ogies vang tot patrone van genoegsaamheid. (16)
In 'n sekere sin is dit ook wat Dolf van Niekerk in die bundel doen: hy temper die verlies, verdriet en verganklikheid deur dit in (woord)stringetjies en ogies te vang "tot patrone van genoegsaamheid".
In Nag op 'n kaal plein word daar nie net teruggedink aan die verlede en vooruitgedink aan die dood nie, daar word ook indringend nagedink oor die aard en rol van die geheue. Die (bejaarde/ouerwordende) ek-spreker--vergelyk veral gedig 2 en 26--wend verskeie pogings aan om die wereld van sy jeug in die geheue, maar ook in tyd en in taal, vas te vang. Aan die een kant is dit byna asof hy suggereer dat die verlede in die tyd gestol is en gevolglik letterlik iewers bestaan--'n wereld wat nie uitgelewer is aan die verbygaan van tyd nie, daarom dat "selfs verganklikheid vergaan" (5). Tog laat hy blyk dat toe-gang tot hierdie jeugwereld problematies is:
- 5 Rules for Immediate Annuities
- Death in the Family: 12 Things to Do Now
- Dumbest Things You Do With Your Money
- 6 Online Networking Mistakes to Avoid
- 401(k) Mistakes to Avoid
- 5 Economic Scenarios to Keep You Up at Night
- The Real ‘Best Places to Retire’
- Best Credit Cards for You
- 12 Tough Questions to Ask Your Parents
- The Real ‘Best Colleges’
- Home Buyer Tax Credit: How to Cash In
- Why You Shouldn't Bash Cash
- 8 Phony 'Bargains' and Better Alternatives
- Danger: 3 Debit Card Scams to Avoid
- 6 Myths About Gas Mileage
- 29 Fees We Hate Most
- Quick and Easy Ways to Boost Returns
- Best Stocks to Buy Now
- Lower Your Taxes: 10 Moves to Make Now
- New Jobs: 8 Lessons from Real-Life Career Switchers
- The New Job Market: Who Wins and Who Loses?
- Health Care Reform's Public Option: Everything You Need to Know
- Volunteer Work When Unemployed: Should You Work for Free?
- Whose Recovery Is This?
- Long-Term-Care Insurance: 4 Biggest Risks to Avoid
Content provided in partnership with
Most Recent Arts Articles
Most Recent Arts Publications
Most Popular Arts Articles
- What makes a successful business person? Business people who are tops in their field have a lot in common, and art professionals can learn a lot from their successes and strategies
- Baggage Blues - how to handle lost luggage - Brief Article
- Brittany Murphy - Interview
- Emily Watson - IVTR
- The Arnolfini double portrait: a simple solution


