Arts Publications
Topic: RSS FeedAnder lewens. 'n Roman in drie dele
Tydskrif vir Letterkunde, Autumn, 2009 by Johan Anker
Ander lewens. 'n Roman in drie dele.
Andre P. Brink. 2007. Kaapstad, Pretoria:
Human & Rousseau. 264 pp.
ISBN: 978-0-7981-4958-9.
Andre P. Brink se nuwe roman, Ander Lewens: 'n Roman in drie dele, kan met die eerste lees by die leser die gevoel laat van een lang cliche: 'n herhaling van sy vorige verhale, karakters, temas, eksplisiete seks, begeertes, politieke verset en die belangrikheid van stories. By die tweede lees begin 'n mens anders reageer.
Die verhaalgegewe in die drie verhale of novelles sluit al drie aan by ander, parallelle werelde, selfs onwaarskynlike droomwerelde wat naas 'n werklikheid in die teks geplaas word sodat karakters kan voel hulle is in "'n ander, alternatiewe dimensie, waar jy nooit weer by jou vertroude wereld kan uitkom nie" (193). Die drie mansvertellers is al drie kunstenaars: skilder, argitek en pianis. David, in die eerste teks: "Die blou deur", ervaar die onwerklike, alternatiewe nuwe bestaan saam met 'n vreemde vrou (Sarah), 'n bruin vrou, en twee kinders agter die blou deur teenoor die werklikheid van sy "vroeere" bestaan met Embeth, ook 'n bruin vrou met wie hy nie kans gesien het om te trou nie, en Lydia. Hy kan egter die woonstel waarin hy en Lydia woon nie weer vind nie en niemand anders weet skynbaar van die bestaan daarvan nie. Daar is, terloops, interessante ooreenkomste tussen hierdie woonstel 1313 (79), die verteller en woonstel 13A en 13B in Brink se kortverhaal "Dertien". Hy moet aan die einde terugkeer na 'n bestaan in die "nuwe" huis agter die blou deur, wat teen die einde van die verhaal geel geverf is. Binne is egter wel 'n hele versameling foto's wat onder andere persone uit sy verlede en hede uitstal. Asof in 'n droom het hy sy werklikhied verloor en asof in 'n droom moet hy soos 'n vreemdeling 'n nuwe werklikheid binnestap.
In die tweede verhaal, "Spieel", moet Steve, die argitek, een oggend in die spieel ontdek dat hy skielik swart is. Behalwe vir sy eie ontsteltenis word die ervaring verder vervreemdend omdat slegs buitestanders soos die bergies en die au pair, Silke, hom as swart beleef, terwyl sy eie gesin en kollegas niks vreemds aan hom opmerk nie. Teenoor die melancholiese stemming van 'n verlore wereld in die eerste verhaal, is hierdie teks egter besonder driftig en aggressief in die beskrywing en uitbeelding van die karakter se woede en frustrasie. Dit word verwoord teenoor sy kollegas, die bergies en ook op sy uiterste in die sekstoneel met Silke. Soos die eerste verhaal word hierdie man ook 'n vreemdeling vir homself, maar hy staan spesifiek uitgesonder as die Ander vir albei groepe in die restaurant tydens die rooftoneel. Die werklikheid wat hom aan die einde konfronteer is die van 'n gebreekte spieel (identiteit?): "Ek dink daar le vir ons 'n paar jaar van teespoed voor."
Die derde verhaal, "Appasionata", het Derek, die pianis as verteller. Soos by die ander twee mans het ook hy die begeerte na meer as een seksuele ervaring, maar die keer loop hy hom vas in 'n medekunstenaar, die wereldberoemde sangeres Nina Rousseau, wat nie op daardie gebied met haar begeleier wil saamspeel nie. Die verhaal met onheilspellende vooruitwysings na geweld, moord en spoke stuur onvermydelik af op 'n tragiese en dramatiese einde in 'n ou familiehuis naby Tulbagh.
Hierdie drieledige roman vra egter 'n noukeuriger lees, soos om die komplementering van die een verhaal deur die ander na te gaan, met die herhaling van cliches want die geheim is "om al die regte cliches te leer gebruik" en die indruk van 'n goeie drama wat sleg opgevoer is te skep of 'n film wat oor en oor speel, maar nie 'n goeie film is nie (93, 117, 175). Dit is alles deel van 'n teks wat inspeel op homself, soos Opperman se "blik op blik op blik": 'n mise en abyme met 'n verskeidenheid spieelbeelde en -verwysings wat skynbaar geen eindpunt het of wil he nie. Maar dan moet die leser al die belangrike verwysings opvolg, anders kan jy "'n baie wesenlike leidraad kwyt wees" (152).
Die ek-vertellers, die drie mans as skilder, argitek en pianis (en ook die vroue as kunstenaars in eie reg), verteenwoordig nie slegs die wereld van die kuns nie, maar ook die mens se soeke na identiteit. In hierdie soektog is die oorwinning van meer as begeerlike vrouens op die oog af vir die mans-vertellers baie belangrik, maar die seksuele vervulling word ook 'n onvoltooide soektog wat soms na desillusie en selfs die dood lei. Lesers sou self kon nagaan hoe hierdie gegewe aansluit by Calvino se metatekstuele roman: If on a Winter's Night a Traveler, en Brink se bespreking daarvan as uitbreiding oor die posisie en stryd van manlike en vroulike lesers van tekste in The Novel. Daar is genoeg intertekstuele en metatekstuele verwysings in hierdie roman om so 'n ondersoek te regverdig.
Die tema van die interpretasie van 'n teks en tekste word myns insiens die duidelikste aangedui in die eerste verhaal se verwysing na die fotogalery (67-71) waar hy elke keer wanneer hy die gallery besoek ander foto's tussen die bekendes raaksien, ander detail daarin opmerk en sekere foto's vermis, waar baie van hierdie foto's meer as een kant van 'n komposisie beklemtoon en tog 'n eenheid skep.
Most Recent Arts Articles
- Slumdog comprador: coming to terms with the Slumdog phenomenon
- Still mining his Winnipeg: an interview with Guy Maddin
- It doesn't seem 'Canadian': quality television' and Canadian-American co-productions
- Second city or second country? The question of Canadian identity in SCTV'S transcultural text
- Hop on pop: jiangshi films in a transnational context
Most Recent Arts Publications
Most Popular Arts Articles
- What makes a successful business person? Business people who are tops in their field have a lot in common, and art professionals can learn a lot from their successes and strategies
- The Arnolfini double portrait: a simple solution
- Text and countertext in Rosario Ferre's "Sleeping Beauty."
- Toni Cade Bambara's use of African American Vernacular English in "The Lesson"
- Sapphire's big push



