Jasmyn

Tydskrif vir Letterkunde, Autumn, 2009 by Johan Coetser

Beulah droom van ewige skoonheid; tewens, sy dink sy verteenwoordig skoonheid. Haar medespelers (Matrone en Dennis) wys haar op die onmoontlikheid van haar droom, maar haar hubris is so groot dat sy geen teenstand duld nie. Aan Matrone se sy: "Jammer? Kyk na my. Sien jy iets wat jou jammer laat voel? Kyk na my!" (67)

Juis die wyse waarop die klem in die handeling op skoonheid en die kyk- of sien-motief val, kan as 'n vorm van kommentaar op skoonheid en roem of as metateoretiese kommentaar op die aard van die teks beskou word. Die "persone" wat aan Beulah blomme "stuur", bestaan in haar herinneringe en was dus verganklik--'n ironiese verganklikheid, want sy probeer hulle tot lewe roep deur die blomme aan haarself te stuur asof dit van hulle af kom (63). Ook die gebruik van maskers in die teks (onder andere van Nefertiti) staan in diens van twee werklikhede: om die ou, vyf-en-sestigjarige Beulah se gesig voor en onmiddellik na haar operasie te versteek en, soos die voorstelling van 'n handeling op 'n verhoog, die skoonheid van die toekomstige Beulah in die vooruitsig te stel. Ook die verdubbeling van karaktername (Jerome/ Danie, Beulah/Jasmine) dra tot 'n metateoretiese interpretasie van twee werklikhede in teks en opvoering by.

So beskou, sluit Pieter Fourie se voorstelling van Beulah werklikheid en voorstelling, belewenis en droom, in alles gegarneer met die waarskynlikheid van momentele selfinsig by die hoofkarakter wanneer sy erken dat sy die blomme aan haarself gestuur het. Daardeur skep sy self die tragedie van 'n lewe van skoonheid, maar 'n lewe wat soos 'n jasmynblommetjie van diamant ewig, hard en reukloos is.

Verwysings

Fitzgerald, F. Scott. 2008 [1936]. "Putting it together", tweede deel van The Crack-Up. Esquire, Maart. Aanlyn: <http://www.esquire.com/features/the-crack-up-2>. Toegang 11 Oktober 2008.

Van Rensburg, Cas. 2003. Drama koggel Akademie: 'Koggelmanderman' bevestig prysdilemma. Burger, 29 September:11.

Johan Coetser

Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria

COPYRIGHT 2009 Tydskrif vir Letterkunde
COPYRIGHT 2009 Gale, Cengage Learning
 

BNET TalkbackShare your ideas and expertise on this topic

Please add your comment:

  1. You are currently: a Guest |
  2.  

Basic HTML tags that work in comments are: bold (<b></b>), italic (<i></i>), underline (<u></u>), and hyperlink (<a href></a)

advertisement
advertisement
  • Click Here
  • Click Here
  • Click Here
advertisement

Content provided in partnership with Thompson Gale