Arts Publications
Topic: RSS Feedbyna liefde
Tydskrif vir Letterkunde, Autumn, 2009 by M.J. Prins
byna liefde.
Izak de Vries. 2008. Kaapstad: Tafelberg.
285 pp. ISBN: 978-0-624-04684-4.
Soos die titel van hierdie bundel kortverhale aandui, is die deurlopende tema daarvan die liefde, veral die seksueel-erotiese manifestasies daarvan.
Reeds die eerste verhaal, "Die engelman", fokus op die mens as liggaam, maar ook op sy behoefte aan geestelik-intellektuele kommunikasie.
"Haar verlange", wat nie veel meer as 'n intrige-verhaal is nie, herinner vaagweg aan Koos Kombuis se Raka--die roman. Daar is die twyfelende dominee en die seksuele losbandigheid, in De Vries se verhaal ook van die leraarsvrou.
"Naakstudies in Hogsback" fokus op roerende wyse op die menslike liggaam as bron van sowel plesier as pyn en hartseer. Vir die karakters is seks sonder die betrokkenheid van die "siel" uiteindelik onbevredigend.
"Ek het hom liefgehad" fokus op boeiende wyse op die spanning wat kan bestaan tussen 'n dogmatiese siening van wat God se wil is enersyds en die eg-menslike behoeftes van die hart andersyds.
In "Ondergoed" wil die vrou die man ter wille wees op godsdienstig-teologiese wyse, terwyl sy hom terselfdertyd ook wil tevrede stel: 'n verhaal vol humor en fyn ironie.
"Ars Poetica" is die eerste van 'n reeks postmodernistiese tekste, waarin daar kommunikasie plaasvind tussen 'n skrywer en sy karakters. Dit handel dan ook oor die spanning tussen "geskiedenis" en "storie".
Uiteindelik is die liefde die universele tema van uiteenlopende soorte verhale. "Die sagkant van 'n vrou" het 'n skrywer as sentrale karakter. Dit fokus o. a. op die vrou as 'n soort "handelsartikel" binne 'n liefdelose huwelik. En tog, binne die erotiek as suiwer "spel" ervaar die verteller ook verliefdheid en vriendskap.
"Los kruit" is 'n eietydse manifestasie van die kortkortverhaal. Dit handel oor 'n kunstenaar wat betrokke is by 'n onbevredigende liefdes-(seksuele) verhouding. Die liefde laat hom dit egter verduur, en hy kompenseer via 'n kunswerk vir sy gevoel van onvervuldheid en van 'n gebrek aan identiteit.
Ook "Na aanleiding van 'n soen vir Twombly" is 'n kortkortverhaal. In hierdie uitstekende kunsteoretiese teks word vervreemding teengestel aan outomatisering of gewenning. Die vanselfsprekende word ongewoon (en daardeur soveel insigteliker) gemaak.
"'n Poelpetaterpastei" fokus op die postmodernistiese beskouing van die problematiese daarvan om die geskiedenis te kan ken. Ons kry hier 'n boeiende spel met die verhouding tussen "feit" en "fiksie". Die motief van die onselfsugtige liefde word verteenwoordig deur Jotie se meisie en Mariet se stiefpa.
"Om 'n sekretarisvoel lief te kry"--'n soort eietydse Afrika-sprokie--handel oor die vrou as gevangene binne 'n tradisionele opset. Die sekretarisvoel, wysgeer van die liefde, groei uit tot 'n toonbeeld van opregte liefde.
"Diepblou" is 'n bietjies te veel geskryf in die toonaard van die populere tydskrifverhaal. Die intrige daarvan berus op die ironiese situasie van twee karakters wat albei in 'n onbevredigende huweliksverhouding vasgevang is se seksuele aangetrokkenheid tot mekaar.
"Die Ilda Haupt" het "Ek het hom liefgehad" as interteks. Die leser leer die binnewereld ken van 'n karakter wat in die interteks slegs van buite gesien word. Die spitsvondige wyse waarop die ingenieursmetafoor ontgin word en die verrassende slot is van die goeie strukturele eienskappe van hierdie verhaal.
"Die groot skoenlapper" is 'n uitstekend geskrewe kortkortverhaal oor die spanning tussen droom en werklikheid en die tegnologie as bron van sublieme skoonheid.
"G5" is 'n hartverwarmende verhaal oor menslike versoening. Die bosoorlog word herspeel met swart en wit aan dieselfde kant. Ook blanke opponente van die verlede "veg" nou saam. So word die konkurrent uiteindelik as medemens gesien.
"Daai een met die tieties" is 'n monologiese verhaal oor vrouebevryding. Dit handel oor vroue wat hulle liggame moet verkoop binne 'n manlik-chauvinistiese opset. Fyn humor word geskep deur die spanning tussen die toonaard van die verhaal en die inhoud.
In "Transgressie" voer die "skrywer" van die verhale in byna liefde op postmodernistiese wyse 'n gesprek met van die karakters oor die maak van 'n fliek met sommige van die ander karakters daarin. Dit fokus op die seksuele verhouding tussen 'n manlike karakter en sy voormalige vriend wat 'n geslagsverandering ondergaan het.
In "Die selibaatdokter" word 'n spirituele gegewe gejukstaponeer met die erotiese. Xolani se opregte, nederige Christenliefde transendeer uiteindelik die erotiese.
"Once threw a party" opereer ook met 'n boeiende oorgang tussen verskillende bestaansdimensies. Binne die verhaalruimte word die mees vergesogte droom bewaarheid. Dit handel basies oor 'n homoseksuele verhouding tussen 'n onderwyser van die moordenaarskaroo en 'n karakter wat as Elvis Presley poseer.
In "Bernard moet leer dans" ontmoet ons 'n Afrikanergesin waarvan die gay eggenote en die heteroseksuele eggenoot elkeen 'n minnares het, alles tot groot plesier van die egpaar se tienerdogter. Ook hier kry ons die motief van seks sonder "siel" as iets vernederends.
- 5 Rules for Immediate Annuities
- Death in the Family: 12 Things to Do Now
- Dumbest Things You Do With Your Money
- 6 Online Networking Mistakes to Avoid
- 401(k) Mistakes to Avoid
- 5 Economic Scenarios to Keep You Up at Night
- The Real ‘Best Places to Retire’
- Best Credit Cards for You
- 12 Tough Questions to Ask Your Parents
- The Real ‘Best Colleges’
- Home Buyer Tax Credit: How to Cash In
- Why You Shouldn't Bash Cash
- 8 Phony 'Bargains' and Better Alternatives
- Danger: 3 Debit Card Scams to Avoid
- 6 Myths About Gas Mileage
- 29 Fees We Hate Most
- Quick and Easy Ways to Boost Returns
- Best Stocks to Buy Now
- Lower Your Taxes: 10 Moves to Make Now
- New Jobs: 8 Lessons from Real-Life Career Switchers
- The New Job Market: Who Wins and Who Loses?
- Health Care Reform's Public Option: Everything You Need to Know
- Volunteer Work When Unemployed: Should You Work for Free?
- Whose Recovery Is This?
- Long-Term-Care Insurance: 4 Biggest Risks to Avoid
Content provided in partnership with
Most Recent Arts Articles
Most Recent Arts Publications
Most Popular Arts Articles
- What makes a successful business person? Business people who are tops in their field have a lot in common, and art professionals can learn a lot from their successes and strategies
- Toni Cade Bambara's use of African American Vernacular English in "The Lesson"
- The Arnolfini double portrait: a simple solution
- Baggage Blues - how to handle lost luggage - Brief Article
- Brittany Murphy - Interview




