Musikale narratief in Benjamin Britten se opera Billy Budd/musikale narratief in Benjamin Britten se opera Billy Budd
Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies, April, 2007 by Karen Vermeulen, Bertha Spies
Abstract
Musical narrative in Benjamin Britten's opera Billy Budd
In Herman Melville's story, which is set on a British warship during the Napoleonic wars, Billy Budd becomes the object of a jealous master-at-arms, John Claggart. When the young Billy faces Captain Vere about Claggart's false accusation of mutiny, he stutters and in a moment of despair, kills Claggart with one blow. The death sentence is inevitable. The discrepancy between the nature of the three main characters and their actual deeds results in ambiguity. Billy, the innocent boy, kills. Vere, the father figure, does not protect Billy on the day of his conviction. Claggart, the manipulator, cannot avoid his own death and dies as the victim.
This article takes Melville's story and its historic background as a point of departure to investigate the correspondence between the narrative and the unfolding of the music in the opera by Benjamin Britten. The analysis shows that specific musical images depict the diverse, dualistic nature of the three main characters in the opera. Furthermore, the manner in which these musical images are transformed in the course of the opera depicts the evolving plot to create a musical narrative. By promoting the understanding of the manner in which the musical narrative communicates a message, this article is an attempt to contribute to the hermeneutic project in the field of music.
Key concepts:
Billy Budd Britten, Benjamin Melville, Herman musical characterisation musical narrative
Opsomming
Musikale narratief in Benjamin Britten se opera Billy Budd
Billy Budd is die slagoffer van 'n jaloerse skeepsprovoos, John Claggart, in Herman Melville se verhaal wat gedurende die Napoleontiese oorlo op 'n Britse oorlogskip afspeel. Wanneer die jonge Billy deur Kaptein Vere gekonfronteer word oor Claggart se vals beskuldiging van muitery, hakkel hy en in 'n oomblik van magteloosheid slaan hy die skeepsprovoos met een vuishou dood. Die doodstraf is onvermydelik. Die diskrepansie tussen die aard van die drie hoofkarakters en hulle werklike dade skep meerduidigheid. Billy, die onskuldige seun, maak dood. Vere, die vaderfiguur, beskerm Billy nie op sy dag van teregstelling nie. Claggart, die manipuleerder, kan nie sy eie dood afwend nie en sterf as die slagoffer.
Melville se verhaal en die historiese agtergrond daarvan word as uitgangspunt geneem om die ooreenkoms tussen die narratief en die musikale verloop daarvan in die opera van Benjamin Britten te ondersoek. Die ontleding toon aan dat spesifieke musikale gestaltes die uiteenlopende, duafistiese aard van die drie hoofkarakters in die opera uitbeeld. Verder word aangedui hoedat die manier waarop hierdie musikale gestaltes in die loop van die opera getransformeer word, die verwikkeling uitbeeld en 'n musikale narratief skep. Deur die wyse te verstaan waarop die musikale narratief 'n boodskap kommunikeer, probeer hierdie artikel om op musiekgebied 'n bydrae tot die hermeneutiese projek te lewer.
Kernbegrippe:
Billy Budd Britten, Benjamin Melville, Herman musikale karakterisering musikale narratief
1. Inleiding
Benjamin Britten word as een van die belangrikste twintigste-eeuse komponiste en die belangrikste Engelse operakomponis na Purcell (1659-1695) beskou. Hy het sewentien operas geskryf waaronder bekendes soos Peter Grimes, Gloriana, The turn of the screw en A midsummer night's dream (Brett, 2001:364, 369). Na sy dood in 1976 het sy musiek steeds gewilder geword. Britten is egter nie net vir sy toeganklike musiek bekend nie--sy musiek kan ook as die samelewing se sosiale gewete beskou word omdat dit morele boodskappe oordra.
Britten is in 1913 gebore en het in 'n huis grootgeword war oor die Noordsee uitgekyk het. Benewens Billy Budd (1951) het ook ander operas soos Peter Grimes (1945) en Death in Venice (1973) die see as agtergrond.
With his first major stage work, Peter Grimes (1945), he established himself as an opera composer of the first importance. Rooted in tradition, it is entirely original in its sharpness of invention and in the conception of the hero as what was to be the first of a series of 'outsider' figures in his art; and it reveals the deep sympathy for the victims of misunderstanding, horror of the destruction of innocence, and attachment to his native Suffolk seaboard that have always marked his work (Rosenthal & Warrack, 1979:63).
Britten se Billy Budd is gebaseer op Herman Melville se verhaal met die titel Billy Budd, sailor. Aangesien die manuskrip by Melville se afsterwe in 1891 nie afgerond was nie, was daar onsekerheid oor verskeie aangeleenthede--die titel van die oorspronklike verhaal was Billy Budd, foretopman en die skip waarop die verhaal afspeel, het verskillende name gehad, waaronder Bellipotent en Indomitable (Lee, 1993:xx).
2. Melville se Billy Budd
'n Onskuldige en kwesbare jong Britse matroos is die benadeelde buitestander in Melville se novelle wat, met die uitsondering van die proloog en die epiloog, op 'n Britse oorlogskip afspeel. Die Indomitable was, soos sy naam te kenne gee, simbolies van die ontembare. Dit was 'n skip van onvrede, belas met die vloek van die erfsonde en van onmin tussen volkere en mense (Decker, 2000:6). 'n Skip op see kan beskou word as simbolies van die samelewing--'n mikrokosmos. (1) Wanneer mense in 'n beperkte ruimte afgesonder en aan mekaar uitgelewer word, verhoog spanning, haat, afhanklikheid en liefde egter. Volgens Melville se verteller bestaan daar nie nog so 'n irriterende versameling uiteenlopende persoonlikhede as op 'n ten voile bemande oorlogskip op see nie (Melville, 1993:29).
Most Recent Reference Articles
- ARAB EUROPEAN RELATIONS - Dec 22 - Russia Denies Selling Missile System To Iran
- EGYPT - Dec 29 - Opposition Says Mubarak Blessed Israeli Attacks
- ARAB AFFAIRS - Dec 22 - Syria Will Eventually Move To Direct Talks With Israel
- ARAB AFFAIRS - Dec 30 - GCC Denounces Massacre
- ARAB ISRAELI RELATIONS - Israel Issues An Appeal To Palestinians In Gaza
Most Recent Reference Publications
Most Popular Reference Articles
- Credit card debt on college campuses: causes, consequences, and solutions
- The Greek chorus, Jimmy the Greek got it wrong but so did his critics - Jimmy Snyder and his views on pro sports and race
- 9 questions to ask your new lover: what you were afraid to ask, but always wanted to know
- How Tyler Perry rose from homelessness to a $5 million mansion
- Living by the word



