Featured White Papers
- Hosted CRM buyer's guide (Inside CRM)
- Enterprise PBX buyer's guide (VoIP-News)
- Don't miss this enterprise mobility Webcast! (TechRepublic)
Baie Goeie Jare
Accountancy SA, Feb 2006 by Bruggemans, Cees
Ons lang-asem ekonomiese opswaai het in 1999 begin en sal middel 2006 sy agste jaar binne gaan. Die beginjare van hierdie lang opswaai was maar bra swak (minder as 3% BBP groei), maar die laaste twee jaar het ons 4.5% gehandhaaf en nog 'n baie goeie jaar lê voor.
Hierdie versnelde groei het 'n verskeidenheid van redes. As ons ver genoeg in verlede terug gaan, kom ons agter dat die laaste ecu 'n gemiddelde groei van 3.75% gelewer het in 'n 2%-4% band. Daar was periodes van buitengewone sterk groei van 5%-6% (in die 1960s) en daar was episodes van baie swak groei - die vroeg 1920s, die moeilike dekades van die 1970s en 1980s en die relatiewe onder-prestasie van die oorgangsdekade na 1994.
Maar as ons hierdie buitengewone periodes uithaal, kry ons 'n prentjie wat ons institusionele realiteite reflekteer - ons gereg, publieke en privaat instellings, infrastruktuur, manier van doen soos ons werk, investeer, werk skep en konsumeer. Dis hierdie realiteite wat ons oor die langtermyn 'n groeikoers van na aan 4% gegee het, en wat in die toekoms waarskynlik nader sal wees aan 3.5% as ons die uitwerking van die HIV/Vigs pandemic in aanmerking neem.
Dat ons die laaste twee jaar beter as die langtermyn gemiddelde begin presteer het, is hoofsaaklike 'n funksie van twee faktore: 'n stadige sikliese begin en aansienlike eksterne meevallers.
Die hervormende ekonomie kon waarskynlik alreeds meer vermag in die 1990s as wat inderdaad gepresteer is. Die terughoudendheid was maar te danke aan beleidsfoute, veral 'n te streng fiskale beleid en 'n monetere beleid wat dit moeilik gevind het om volledig oor te skakel na 'n beleid van swewende wisselkoerse.
Hierdie omstandighede het egter tot gevolg gehad dat die ekonomie nooit werklik teen voile potensiaal gepresteer het in die 1990s nie. Geskoolde arbeid het dus nie skaars geraak nie (het inderdaad op groot skaal geëmigreer), en die ekonomie het nooit oorverhit geraak nie.
Toe die buitenlandse meevallers hul verskyning maak, soos kommoditeitspryse gestyg het en 'n vloedgolf kapitaal die land binnegestroom het, kon die Rand sterk verstewig, is die inflasiekoers afgedruk, kon rentekoerse verlaag word, en was die produksiefaktore daar om 'n sterk oplewing in ekonomiese aktiwiteit moontlik te maak.
En dus het ons vinniger begin groei. Vandag, soos ons 2006 in beskouing neem, lyk die ekonomiese prentjie nog steeds heel rooskleurig.
VPIX inflasie bly laag naby 4%. Die lopende rekening op die betalingbalans toon 'n tekort, maar kapitaalinvloeie bly sterk, en die arbeidsmark toon nog steeds geen tekens van stremming nie.
Die beleidsmaker sal waarskynlik katvoet bly om die ekonomie nie onnodiglik te beswaar nie. Die inflasie gedrag bly gedissiplineerd en sal waarskynlik 'n lae rentekoersvlak bly moontlik maak. Dit op sy beurt behoort die sakevertroue te bly ondersteun en verbruikers gretig te maak om nul lewensstandaard te verbeter.
Die Februarie begroting sal waarskynlik ook verdere pogings insluit om die ekonomie te ondersteun. Goeie belastinginkomste sal die Minister in staat stel om meer te bestee en belastingverligting te gee, veral vir die laer inkomens. Dit behoort die ekonomie ook te help om aan die gang te bly.
Dit wil dus voor kom dat beide in terme van beskikbare produksiefaktore en akkommoderende beleid, die ekonomie in staat sal wees om nog 'n goeie groei-jaar te beleef in 2006, mits die internasionale gebeure ook akkommoderend bly, soos wel die verwagting is.
Gegewe die verslegtende kondisie van die land se infrastruktuur raak dit nou die hoogste tyd dat dit behoorlik aangespreek word, anders sal daar in toekomstige jare toenemende ondoeltreffendheid ontwikkel wat ons groei sal benadeel.
Dr Cees Bruggemans is hoofekonoom von First National Bank. Besoek sy webwerf www.fnb.co.za/economics en skryf in op sy vrye e-pos artikels.
Copyright South African Institute of Chartered Accountants Feb 2006
Provided by ProQuest Information and Learning Company. All rights Reserved
