Brought to you by IBM
- Insurance 2020: Innovating beyond old models
- Insurance 2020: Now what?
- Customer advocates: Your most valuable asset
- IBM and Cisco front office solutions for retail banking
- Opening act - Streamlining a bank's account-opening process can have a dramatic effect on customer experience and the bottom line
- The Agile CFO; Enabling the innovation path to growth
- The Evolution of Asset Mangement
- The Global CFO Study 2008
- Thinking Through Uncertainty: CFOs scrutinize Non-Financial Risk
Featured White Papers
- PCI DSS therapy for the smaller retailer (McAfee)
- Oct. 14th: Simplified IT with Software-as-a-Service (SaaS) (ZDNet)
- The rise of Web commuting (Citrix Online)
SKEP WANNEER DIT PAP REËN
Accountancy SA, May 2007 by Bruggemans, Cees
Dit was 'n goeie begroting. Nie omdat belastingkoerse gesny is nie (dit is nie, behalwe opaftreefondse), maar juis omdat die Minister van Finansies ondanks enorme groei in staatsbestedings nogtans kans gesien het, om sy tradisionele begrotingstekort in 'n surplus te omskep.
Dit, en rentekoersstygings van 2% laasjaar, is wat die oorverhitte ekonomie lafenis kan bring en die lopie kan laat voortgaan.
Die ekonomie het diepgewortelde momentum wat 5% groei bly hou, gesteun deur huishoudings, maar ook vaste investering, infrastruktuur en uitvoere.
Die werklike bron van al hierdie groei is oorsee. Picks dat dit kortstondig is, soos ons al soveel keer in die verlede ervaar het, wil dit voorkom asof die wêreld self in 'n langasem uitbreiding betrokke is.
Siklies het die Amerikaanse ekonomie daar in geslaag om aan die spanninge van 2000-2003 te ontsnap, aangemoedig deur sterk beleidstimulasie.
Nog belangriker is miskien die dieper grondliggende redes vir die sterk internasionale groei. Asie industraliseer vinnig, terwyl 'n verskeidenheid faktore daartoe bygedra het dat langtermynkoerse orals afgedruk is.
Dit mag dalk nie sikliese maar struktuurverskynsels wees. Asie se vinnige groei is in ieder geval iets wat vir 'n generasie (selfs 'n leeftyd) mag aanhou.
Die lae langtermyn rentekoerse mag egter ook vir jare, selfs dekades, met ons wees.
Dit was ook die geval in die negentiende eeu en vir soortgelyke redes. Sterk uitbreiding van produksie, waarvan die voordeel veral aan kapitaal toeval soos skaalvoordele en tegnologiese innovasie lei, tot verbeterde produktiwiteit.
Van die gevolge is lae inflasie, sterk stygings in bedryswins, aansienlike likwiditeit, en sterk investerings.
Hierdie wêreldbeeld is nie sonder swakhede nie, veral polities en finansiël. Selfs al is daar markskokke en turbulensie, hoef dit nie te beteken dat die sterk vertoning van onlangse jare skielik tot 'n einde moet kom nie. Inteendeel, die onderliggende groeidinamiek mag baie sterker en beter verskans wees as algemeen aanvaar.
Dit het op sy beurt implikasies vir Suid-Afrika. Afgesien van korttermyn bewegings, of dit nou edelmetaal meevallers of finansiële skokgolwe is, is die grondliggende neiging 'n baie positiewe een.
Die Suid-Afrikaanse betalingsbalans bly voordeellig uit hierdie wêreldgebeure, tot so 'n mate dat 'n lopende rekeningtekort van 5% van BBP met gemak gefinansier word, lnderdaad is die hoofsaaklike probleem eerder teveel, as te min, kapitaalinvloei van buite af en oorverhitting van die binnelandse ekonomie.
Hierdie situasie het alreeds 'n baie groot omwenteling in die land se finansies tot gevolg gehad.
Binnelands het sterk ekonomiese groei, en verbeterde belastinginvordering gesorg vir 'n groot styging in die belastingdruk, verskuiwing van die begrotingstekort na 'n surplus, en halvering van die nasionaal skuld tot 26% van BBP (met verdere dalings vir die boeg).
Buitelands het dit die groot termynboek van $25bn laat verdwyn, en die Reserwe Bank se reserwes soveel as verviervoudig tot $26bn, en die privaat bankstelsel se buitelandse bates soortgelyk laat spring.
Hierdie neigings het verder om te gaan.
Buitelandse belangstelling in ons aandelebeurs, en in ons genoteerde maatskappye as teikens vir oorname, bly groot. Die kapitaal wat so sal bly invloei, en wat langtermyn geleen sal word om infrastruktuur investerings en invoere te financier, kan die land se finansies nog verder versterk in die jare wat voorle, mils internasionale gebeure gunstig vir ons bly.
Om sy beurt onderskryf dit aanhoudende sterk groei van tot 5%, werkgeleentheid wat sal kan bly uitbrei teen 3.5% en wat op sy beurt die swaartepunt van die samelewing stadig maar seker sal help verskuif van plattelandse armoede na stedelike middestand en welvaart.
Ons aandelebeurs het in onlangse jare nuwe hoogtepunte bereik, en eiendomspryse het sterk gestyg. Tog kan ons nie van oorverhitting praat nie, relatief tot groei en waardaarsies, ook as ons internasionaal vergelyk. M.
Cees Bruggemans is hoofekonoom van First National Bank. Besoek sy webwerf www.fnb.co.za/economics en skryfin op sy vrye e-pos artikels.
Copyright South African Institute of Chartered Accountants May 2007
Provided by ProQuest Information and Learning Company. All rights Reserved
